Wat Ek Wens Ek Vroeër Geweet Het oor Publikasie 📚✨
- Francine Beaton
- Mar 28
- 4 min read

Die pad na publikasie is soos ‘n liefdesverhaal op sy eie – vol hoop, drome, teleurstellings en daardie onvermydelike oomblik waar jy jouself afvra: “Hoekom doen ek dit aan myself?”
Ek het oor die jare ‘n klomp dinge geleer – party deur harde lesse, ander deur vriendelike raad van mense wat reeds die pad geloop het. Hier is ‘n paar van die grootste verrassings, foute en oomblikke van self-twyfel wat ek wens ek vroeër geweet het.
1. Publikasie is NIE ‘n sprokie waar ‘n uitgewer jou op ‘n wit perd kom red nie
In die vroeë dae het ek gedink publikasie werk so:
Jy skryf ‘n briljante boek.
Jy stuur dit na ‘n uitgewer wat onmiddellik sien jy is die volgende groot skrywer van die eeu.
Jy teken ‘n kontrak, kry ‘n mooi omslag en poef – jou boek is oral! 🎉
Realiteit?
Jy skryf ‘n boek en herskryf dit 20 keer.
Jy stuur dit na ‘n uitgewer en wag weke, maande… soms ‘n jaar of dalk meer.
Jy kry ‘n terugvoerbrief wat sê: “Dit het potensiaal, maar…”
Jy leer oor selfpublikasie en ontdek dis ‘n hele nuwe wêreld vol keuses en hoofpyne.
✍ Les geleer: Niemand gaan jou red nie. Jy moet self jou storie tot by die leser kry – óf deur ‘n tradisionele uitgewer, óf deur selfpublikasie.
2. Skryf is net 20% van publikasie – die res is bemarking, redigering en paniek 🤯
Ek het altyd gedink as jy die boek voltooi het, is die hardste werk agter die rug.
Toe kom die realiteit: redigering, proeflees, bladuitleg, omslagontwerp, en dan… bemarking.
Bemarking, vir ‘n skrywer wat net wil skryf, is soos om ‘n stelskop met ‘n geblinddoekte losskakel van 10 meter af te probeer skop – jy weet nie hoe nie, maar jy hoop vir die beste.
Ek het gedink:
❌ “Ek gaan net my boek op sosiale media wys en mense sal dit koop.”❌ “Mense sal my outomaties ontdek op Amazon.”
❌ “Ek hoef nie oor my boeke te praat nie – hulle sal vanself versprei.”
Realiteit?
✅ Mense koop nie boeke waarvan hulle nie weet nie.
✅ Sosiale media is nie ‘n bemarkingsplan nie – dis ‘n hulpmiddel.
✅ Jy moet oor jou boeke praat. En dan weer praat. En dan nog ‘n keer.
✍ Les geleer: Bemarking is net so belangrik soos die skryf van die boek.
3. Resensies is ‘n emosionele wipplankrit
Jy plaas jou boek in die wêreld. Dit is jou baba. Jou trots.
En dan kom die resensies…
🌟 Vyfster: “Beste boek ooit! Ek het gehuil en gelag!”
⭐ Driester: “Dit was goed, maar ek hou nie van stories met ‘n hond nie.”
💔 Eenster: “Hierdie boek het my lewe verwoes.”
Die waarheid? Nie elke leser gaan van jou boek hou nie. En dis normaal.
Ek wens ek het dit vroeër geweet. Ek het myself beywer vir perfeksie, net om te besef perfeksie bestaan nie.
✍ Les geleer: Skryf vir jou ideale leser – nie vir almal nie.
4. Jy gaan jouself vergelyk – en jy gaan moet ophou
Dit gebeur vinnig:
👀 Jy sien ‘n ander skrywer se boek is nommer een.
😑 Jy wonder hoekom jou boek nie daar is nie.
📅 Jy kry ‘n Facebook-herinnering van iemand wat ‘n maand ná jou begin skryf het en nou al vyf boeke uit het.💔 Skielik voel jy nie goed genoeg nie.
Wat ek geleer het?
Jy is nie in ‘n wedloop met ander skrywers nie. Niemand kan ‘n storie skryf soos jy dit skryf nie. Daar is plek vir almal – en iemand daar buite wag op JOU stories.
✍ Les geleer: Fokus op jou eie reis. Hou op kyk na almal anders se spoed.
5. Daar is altyd iets nuuts om te leer – en dis ‘n goeie ding 🏆
Elke boek leer my iets nuuts. Elke publikasie laat my iets ontdek wat ek nog nie geweet het nie.
Ek wens ek het vroeër geweet dat:
📌 Redigering jou nie ‘n mislukking maak nie – dit maak jou boek beter.
📌 Jou eerste boek nie jou beste boek gaan wees nie – en dis reg so.
📌 Elke storie wat jy skryf, is ‘n stap vorentoe.
Ek het al moeg geraak. Ek het al gewonder of ek regtig uitgeknip is vir hierdie reis. Maar elke keer, ná al die frustrasie en self-twyfel, kom ek terug na dieselfde besef: Ek skryf omdat ek nie anders kan nie.
En as jy ook skryf, dan weet jy – daar is niks anders wat jou hart so bly maak soos ‘n storie wat lewe kry nie.
Wil jy meer weet?
Saam met my medeskrywer Elsabé Welman hoop ons om ‘n volledige hulpgids te publiseer oor publikasie en al die dinge wat ons geleer het – en ons deel dit graag met ander skrywers.
As jy ‘n aspirant-skrywer is, of dalk al op die pad na publikasie is en wonder wat om volgende te doen, hou hierdie spasie dop! Ek gaan binnekort meer daaroor deel.
📢 Intussen – watter publikasie-mites het jy al geglo? Of as jy ‘n leser is, wat was die grootste verrassing oor hoe publikasie regtig werk?
Kom gesels saam in die kommentaar! 💬📚
תגובות