
new releaseS
Die mooiste musiek word in stilte geskryf.
​​Toe Kari Jones die geleentheid kry om Groenbosbaai toe te gaan waar haar ma as dokter gaan locum, gryp sy die kans aan. Sy hoop die stilte en rustigheid van die klein kusdorp aan die Kaapse Tuinroete kan haar die geleentheid gee om te herstel en 'n besluit oor haar musiekloopbaan te maak. Hier is sy net Kari en nie die rocksangeres Kira wat skares op hul voete gehad het nie.
Maar in Groenbosbaai vind Kari meer as wat sy gedink het in die vorm van die man wat ses jaar gelede oornag uit haar lewe verdwyn het.
​
Geoff Beckett het ses jaar gelede teruggekeer na sy tuisdorp Groenbosbaai om stilte en vrede te vind. Hy het vir hom 'n nuwe lewe uitgekerf as eienaar van verskeie kroeë en nagklubs aan die Suidkus, weg van die verhoë wat hy saam met Kira gedeel het. Hy het gedink hy het dit reggekry, met lang rite op sy motorfiets en stil oomblikke met sy klavier.
​
Dit is, tot 'n krisis by sy huurwoonstel opduik en die nuwe huurder se dogter vir hom die deur oopmaak.
​
In enkele sekondes verander alles, want voor hom staan Kari, die vrou wat hy moes agterlaat en nooit kon vergeet nie.
​
Maar die lewe is soms soos 'n melodie wat jy nie kan vergeet nie. Dalk ontbreek die woorde, maar hoe meer jy dit hoor, hoe helderder word die klanke. En dan moet jy besluit of jy die woorde by die melodie wil voeg.
​
Want party liedjies wag ses jaar vir die perfekte kombinasie.





